Mense vra met reg waarom moet daar Radiothon gehou word.
Die hoofrede is: om alles wat Kanaal 7 tans doen te volhou en selfs daarop uit te brei.
In die middelpunt van dit alles is die uitdra van die Evangelie van Jesus Christus dmv die moderne media steeds die visie soos dit al vir meer as 30 jaar is.
Nou wat is die “alles”
Kanaal 7 het sy eie goed beplande en doelmatige gebou in Windhoek.
Die gebou huisves al die administratiewe personeel
Daar is 5 Ateljees in Windhoek
Daar is n volledige kantoor met goed toegeruste ateljee in Oshakati
Daar is n uitsaaiateljee in Swakopmund
Die voltydse personeelkorps van Kanaal 7 is 35 sterk.
Daar is etlike vryskut en deeltydse personeel plus baie medewerkers
Kanaal 7 huur 2 satelietkanale by die NBC
Ons saai uit op 29 FM senders regoor die land.
Katima Mulilo is die verste Noord nl 1200 km van ons kantore af
Oranjemund is die verste Suid nl 900km van ons kantore af
Ons saai regstreeks op die Internet uit en kan dus wêreldwyd gehoor word.
Ons maak gebruik van ‘n baie aktiewe Internet Webtuiste vanwaar bykans alle ander verbindinge gedoen kan word en inligting bekom kan word.
Ons maak aktief van Facebook gebruik met tans meer as 17 000 betrokkenes en bereik regsteek weekliks meer as 20 000 mense en indirek meer as 350 000 per week. (Facebook Statistiek)
Ons gebruik Twitter aktief om mense ingelig te hou van gebeure.
Ons gebruik tans ‘n Blog om ons luisteraars in te lig oor die Radiothon. Meer as 400 mense het al op een dag die blog besoek.
Kanaal 7 saai bo en behalwe die normale programme ook soggens n halfuurlange Duitse program uit.
Kanaal 7 saai saans vir 4 ure op geselekteerde senders in Oshiwambo uit.
En het ons ook ‘n aanlyn tiener stasie bekend as Teens@7.
10% van al die Radiothon se opbrengs word jaarliks aan hulpbehoewende organisasies betaal.
Wonder jy nog waarom Kanaal 7 JOU fondse benodig?