RSS

Kanaal 7: Kort Feite

07 Jun

Mense vra met reg waarom moet daar Radiothon gehou word.

Die hoofrede is: om alles wat Kanaal 7 tans doen te volhou en selfs daarop uit te brei.

In die middelpunt van dit alles is die uitdra van die Evangelie van Jesus Christus dmv die moderne media steeds die visie soos dit al vir meer as 30 jaar is.

Nou wat is die “alles”

Kanaal 7 het sy eie goed beplande en doelmatige gebou in Windhoek.

Die gebou huisves al die administratiewe personeel

Daar is 5 Ateljees in Windhoek

Daar is n volledige kantoor met goed toegeruste ateljee in Oshakati

Daar is n uitsaaiateljee in Swakopmund

Die voltydse personeelkorps van Kanaal 7 is 35 sterk.

Daar is etlike vryskut en deeltydse personeel plus baie medewerkers

Kanaal 7 huur 2 satelietkanale by die NBC

Ons saai uit op 29 FM senders regoor die land.

Katima Mulilo is die verste Noord nl 1200 km van ons kantore af

Oranjemund is die verste Suid nl 900km van ons kantore af

Ons saai regstreeks op die Internet uit en kan dus wêreldwyd gehoor word.

Ons maak gebruik van ‘n baie aktiewe Internet Webtuiste vanwaar bykans alle ander verbindinge gedoen kan word en inligting bekom kan word.

Ons maak aktief van Facebook gebruik met tans meer as 17 000 betrokkenes en bereik regsteek weekliks meer as 20 000 mense en indirek meer as 350 000 per week.               (Facebook Statistiek)

Ons gebruik Twitter aktief om mense ingelig te hou van gebeure.

Ons gebruik tans ‘n Blog om ons luisteraars in te lig oor die Radiothon. Meer as 400 mense het al op een dag die blog besoek.

Kanaal 7 saai bo en behalwe die normale programme ook soggens  n halfuurlange Duitse program uit.

Kanaal 7 saai saans vir 4 ure op geselekteerde senders in Oshiwambo uit.

En het ons ook ‘n aanlyn tiener stasie bekend as Teens@7.

10% van al die Radiothon se opbrengs word jaarliks aan hulpbehoewende organisasies betaal.

Wonder jy nog waarom Kanaal 7 JOU fondse benodig?

 
Leave a comment

Posted by on June 7, 2016 in Uncategorized

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: