RSS

Meer oor Radiothon

Radiothon 2016

“Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

Radiothon 2016 is die 21ste Radiothon fondsinsameling wat Kanaal 7 hou.

Radiothon 2016 vind plaas vanaf Dinsdag, 26 Julie tot Saterdag 30 Julie.

Die doel van die Radiothon is om luisteraars die geleentheid te bied om finansieel betrokke te raak by die bediening van Kanaal 7 Medianetwerk vir Christus.

Die fondse wat ge-in word, word vir verskeie projekte van Kanaal 7 aangewend en help om die stasie te laat voorbestaan en uit te brei.

Senderkomitees regoor Namibië kry die geleentheid om hulle streek te verteenwoordig en lede kry daagliks spreekbeurte oor die lug om hulle streek se veilingsitem aan te bied en donsies bekend te maak.

Kanaal 7 sal vanjaar vir die eerste keer ook van ‘n Internet Veilingsblad gebruik maak.

In opdrag van die Woord van God word 10% van die inkomste van die Radiothon aan ander hulpbehoewende instansies geskenk.

Save

 

2 responses to “Meer oor Radiothon

  1. L.G.MARTIN VAN WYK

    July 4, 2016 at 13:14

    Mag hierdie werk wat julle op jul harte dra net meer en meer harte en siele bereik en as n verstrekking op elkeen se lewensreis wees. Sterkte en voorspoed.Godsryke seen.

     
    • Administrateur

      July 6, 2016 at 16:48

      L.G Martin baie dankie vir die besonderse mooi boodskap

       

Leave a reply to L.G.MARTIN VAN WYK Cancel reply