RSS

Uit die M.D se Kantoor

30 Jun

Vriend, dis alweer byna tyd vir Radiothon of soos ons met ʼn bietjie vernuwing vanjaar gaan praat van “Radio dot  On”. Ons gaan so met die tyd die rede hiervoor verduidelik.  Bly maar net luister en lees. Daar is ʼn hele klompie dinamies nuwe gedagtes saam met die Radiothon. Ek, en ons almal hier by Kanaal 7 is uiters bewus van die inpak wat die ekonomiese situasie op ons luisteraars en ondersteuners het.  Of dit nou die droogte is, of dit die waarde van ons geldeenheid is wat die pryse van baie van ons goedere bepaal of dit die Britte is wat ʼn finansiële tsunami veroorsaak het met hulle referendum en keuse om die EU te verlaat, en of dit maatreëls is wat al vroeër  die uitvoer van ons boere, wie ʼn groot aantal van ons ondersteuners uitmaak, is… die lewe is verseker nie maklik nie, maar dis so belangrik dat jy sal onthou waaroor dit by Kanaal 7 gaan.

Soos met enige organisasie wat al lankal bestaan, en ons kom nou al ʼn pad van amper 35 jaar, is dit altyd ʼn uitdaging om mense betrokke te hou en opgewonde te hou.  Die rede hoekom ons doen wat ons doen is die kern van alles waarmee ons besig is en dis belangrik dat jy dit sal verstaan. Ons het net een doel, een “hoekom”, een rede of dan een “WHY”.  Die Evangelie van Jesus Christus dmv die moderne Media. Daar is soveel bewyse dat dit wat Kanaal 7 doen effektief is en ‘n impak het, ons kan nie een oomblik verslap nie. Ons kan nie die voet van die petrol afhaal nie…dit sal fataal wees. Ons besef mos nou dat ons ondersteuners, ons luisteraars, ons vriende wil sien dat ons voort bou op waarmee die Here ons toevertrou …daarom wil ek vandag  ʼn baie belangrike versoek aan jou en getroue en aan al ons ondersteuners rig:  Die aantal mense wat jaarlik betrokke is by die Radiothon is slegs ʼn klein deeltjie van ons totale luisteraars. Ek vra vandag vir jou as luisteraar,  as jy steeds saam met ons hierdie uitdagings aanvaar, as jy saamstem met dit wat God ons voor geroep het, wil jy nie help om net vyf ander persone te motiveer om vanjaar  ʼn bydrae tot die Radiothon te maak nie. Dis vandag en vir die volgende 3 weke die uitdaging waarmee ek jou wil konfronteer. Bid vir elkeen wat betrokke is, bid vir die organisasie van die Radiothon, bid dat mense sal verstaan hoekom ons doen wat ons doen….

Ek vra vandag…dat jy ons hande sal kom help ophou…want alleen kan ons nie….Ons hier by Kanaal 7 het jou nodig om ons hande omhoog te hou sodat elkeen wat besig is om ‘n verskil te maak, dit onverskrokke kan doen. Exo 17:11 en 12   En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste.  Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ‘n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.

Neal vd Berg                                             

 
Leave a comment

Posted by on June 30, 2016 in Uncategorized

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: