Sender-komitees, helpers en luisteraars in Windhoek en 32 dorpe regoor die land is slaggereed vir die Kanaal Sewe Media Netwerk vir Christus se 2016 Radiothon wat amptelik op 26 Julie afskop. Hierdie jaar hou ons Radiothon by The Grove Mall inkoopsentrum in Windhoek. Die Radiothon sal tot Saterdag-middag 30 Julie om een-uur duur. Dit word jaarliks gehou om Kanaal Sewe Media Netwerk vir Christus – ‘n nie winsgewende organisasie – te help om sy visie, te verwesenlik. Die inkomste wat ingesamel word, maak sowat 23-persent van Kanaal Sewe se totale begroting uit. Tydens die Radiothon word inkomste op twee maniere gegenereer – deur op veilings-items wat deur luisteraars of instansies geborg word, te bie, of deur donasies. Soos in die verlede sal die verrigtinge daagliks regstreeks op Kanaal Sewe se radio-senders landswyd uitgesaai word.
Die 2016 Radiothon begin amptelik op 26 Julie!
22
Jun
Advertisements