RSS

Baie dankie!

18 Jun

Ons het nou die afgelope paar weke intens gefokus op die organisasie en voorbereiding vir die 2016 Kanaal 7 Radiothon. Ons het werklik die Here se aangesig gesoek, ons het gevas, individueel en as personeel. Sender-komitees is besoek, telefoonlyne is gê-installeer, dokumentasie is gereed gekry en dan die groot dag.

Ons weet so goed dat al werk ons hoe hard, as God nie hier in is nie, dit alles tevergeefs is.

Die uiteinde het gewys dat al die werk nie tevergeefs was nie, dat God in dit is en dat Hy al die EER en LOF toekom.

Hy gebruik egter mense, toegewyde en gehoorsame mense, mense wat die visie van Media vir Christus / Kanaal 7 deel.

Van Magda Schlechter en Neal van den Berg wat die leiding gaan neem tot die persoon wat dalk iewers net ‘n koppie koffie gaan aanbied, elke donateur, elke item-skenker, elke koper, mense wat behuising, etes en vervoer aanbied, die volle Kanaal 7 personeel wat as ‘n goed geoliede span funksioneer.  Laaste maar nie die minste nie is ons sender-komitees en ons helpers om die tafel in Windhoek. Die mense wat die dinge regtig laat gebeur. Alle vrywilligers. Dankie aan ELKEEN van julle wat weer die jaar julle tyd gaan gee vir Kanaal 7. Dis julle toewyding en vasbyt wat die verskil maak. Ons eer die Here vir elkeen van julle. As daar ‘n Olimpiese podium was sou julle almal op die “Goud” trappie moes staan.

Mag elkeen van julle regtig die seën van ons Vader ervaar, in elke opsig van julle lewens.

Dankie dat ons saam een familie kan wees wat betrokke is om ‘n getuienis uit te lewe en aan die wêreld wys dat Jesus LEEF.

Image

 
Leave a comment

Posted by on June 18, 2016 in Uncategorized

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: