RSS

Meer oor K7

Wie en wat is Kanaal 7

Kanaal 7 het op 6 Desember 1993 begin uitsaai as die Privaat Radiostasie van Medianetwerk vir Christus.

Medianetwerk vir Christus is ‘n Maatskappy sonder winsbejag, geregistreer onder Artikel 21 van die Mattskappye wet.

Die doel van Medianetwerk vir Christus en dus ook Kanaal 7 is om die Evangelie van Jesus Christus deur middel van die moderne media oor grense heen te versprei.

Kanaal 7 saai tans regdeur Namibië op 33 FM sender, 24 uur per dag uit.

Uitsendings vind plaas in Afrikaans, Oshiwmabo, Engels, en Duits.

Saans tussen 21:00 en 24:00 skakel die uitsendings oor na “7Teen FM” wat alle aanbieding op die jeug rig.

Kanaal 7 saai nie slegs Christen getuienisse en musiek uit nie maar ook uitgesoekte sekulêre, musiek nuus en algemene inligting.

Die hoofbron van inkomste vir die bediening is radioadvertensies, maar aangesien alle advertensies beskikbaar, nie altyd aanvaar word vir uitsending nie en omdat Kanaal 7 ‘n bediening het wat reik waar dit nie ekonomies lewensvatbaar is nie, bly die stasie ook afhanklik van die vrywillige ondersteuning van sy luisteraars.

Daarom dan ook die jaarlikse Radiothon waar luisteraars landswyd finansieel deur middel van donasies en deelname aan ‘n weeklange radioveiling betrokke kan raak.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 6,343 other followers