RSS

BAIE dankie!

Ons het nou die afgelope paar weke intens gefokus op die organisasie en voorbereiding vir die 2012 Kanaal 7 Radiothon. Ons het werklik die Here se aangesig gesoek, ons het gevas, individueel en as personeel. Senderkomitees is besoek, telefoonlyne is geinstalleer, dokumentasie is gereed gekry en dan die groot dag.

Ons weet so goed dat al werk ons hoe hard, as God nie hier in is nie, dit alles tevergeefs is.

Die uiteinde het gewys dat al die werk nie tevergeefs was nie, dat God in dit is en dat Hy al die EER en LOF toekom.

Hy gebruik egter mense, toegewyde en gehoorsame mense, mense wat die visie van Media vir Christus / Kanaal 7 deel.

Van Tersia Bindeman en Jessica Keyser wat die leiding geneem het tot die persoon wat dalk iewers net ‘n koppie koffie aangebied het, elke donateur, elke itemskenker, elke koper, mense wat behuising, etes en vervoer aangebied het, die volle Kanaal 7 personeel wat as ‘n goed geoliede span funksioneer het.  Laaste maar nie die minste nie is ons senderkomitees en ons helpers om die tafel in Windhoek. Die mense wat die dinge regtig laat gebeur. Almal vrywilligers. Dankie aan ELKEEN van julle. Dis julle toewyding en     vasbyt wat die verskil maak. Ons eer die Here vir elkeen van julle. As daar ‘n Olimpiese podium was sou julle almal op die “Goud” trappie moes staan.

Mag elkeen van julle regtig die seën van ons Vader ervaar, in elke opsig van julle lewens.

Dankie dat ons saam een familie kan wees wat betrokke is om ‘n getuienis uit te lewe en aan die wêreld wys dat Jesus LEEF.

Image

 
Leave a comment

Posted by on August 6, 2012 in Uncategorized

 

Die totale bedrag vir die 2012 Kanaal 7 Radiothon – AL DIE EER AAN DIE HERE!

N$4,106,034.00

Werk getrou vir die Here en Hy sal jou werk seën!

Markus 4: 26 29. Gelykenis van die saad wat “vanself” groei.
Verder het Jesus gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die
land, en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self
nie. Vanself bring die aarde die graan voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die vol koringaar.
En wanneer die graan ryp is, steek hy dadelik die sekel in, omdat die oestyd daar is.”

Die saad is die Woord van God. Dit is God se Woord wat die Koninkryk van God laat groei in
ons lewens, ons gemeenskappe en kerk. Die Koninkryk groei as God’s Woord geplant word en
God die plante laat groei en grootword.
Daar is inherente lewe in die Woord – ons moet net getrou en doelgerig saai en die oes van die
groeiende Koninkryk, geniet.

As ons getrou die Woord van God saai, sal die saad groei. God se opdrag aan ons is om aan te
hou saai, waarheen ons ook al gaan en waarmee ons ook al besig is. Hou aan om die saad uit
te strooi.

Image

 
2 Comments

Posted by on August 3, 2012 in Uncategorized

 

N$842,441.00

Filippense 4:13  “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

 
Leave a comment

Posted by on August 3, 2012 in Uncategorized

 

N$282,000.00

Matteus 17:20  “Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle.  “Dit verseker Ek julle:  As julle maar geloof het so groot soos ‘n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê:  ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan.  Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

 
Leave a comment

Posted by on August 3, 2012 in Uncategorized

 

N$125,550.00

Psalm 85:7  “Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie?”

 

 
Leave a comment

Posted by on August 3, 2012 in Uncategorized

 

N$105,000.00

Job 42:2  “Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.”

 
Leave a comment

Posted by on August 3, 2012 in Uncategorized

 

N$79,179.00

Psalm 32:8  “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg.  Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.”

 
Leave a comment

Posted by on August 3, 2012 in Uncategorized

 
 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.